Aktiwiteite

Ons glo dat elke dag 'n fees is by Diligenter Akademie Lyttelton!

By ons skool glo ons dat leer veel verder strek as net die klaskamer en daarom skep ons jaarliks ‘n energieke program wat sorg vir die gebalanseerde ontwikkeling van elke leerder. Die skooljaar is gevul met oomblikke van vreugde, saamlag en unieke ervarings wat vir altyd deel word van kinders se mooiste herinneringe. Ons streef daarna om ‘n atmosfeer te skep waar kreatiwiteit, samehorigheid en pret hand aan hand gaan met akademiese vordering. Van opwinding op die sportveld tot kleurvolle kulturele vieringe en kreatiewe uitdrukkings op die verhoog – elke kind kry die geleentheid om hulself op verskillende maniere te ontdek en te ontwikkel.

Wat ons werklik onderskei, is die lewendige gees van eenheid en deelname wat deur die loop van die jaar tasbaar is. Die skool borrel van opwinding wanneer spesiale geleenthede aangebied word – van vrolike, speelse aktiwiteite wat die skoolgang ophelder, tot die groter, meer formele gebeure wat ‘n gevoel van prestasie en trots kweek.

Hoogtepunte by Diligenter Akademie Lyttelton

Vrydag Snoepie

Onderstebo- en melktertdag

Valentynsdag en sokkie

Wiskunde - pretdag

Sportdag

Storiepret en Hestie-leesweek

Plaasjapie- en kaskardag

Seep- en borreldag

Graad 7-kamp

Kultuurweek en produksies

Skooluitstappies en fotodag

Jaarlikse erkenningsaand

Sport en Kultuur

Privaataktiwiteite word aangebied:

Parkour: Liggaamlike bewegingsaktiwiteite

Kinderterapie: Individuele terapiesessies

Drama-Lamas: Dramaskool

Witjassies Wetenskap: Eksperimenteer met verskillende elemente

Hokkie: Beweging en hokkievaardighede