Diligenter Akademie Lyttelton
Klein in getal, groot in geloof - groei saam met God elke dag.

Braaf is jy!

’n Afrikaanse Privaatskool: Klein klasse, groot verskil!

Diligenter Akademie Lyttelton is ’n skool waar elke leerder gesien, gehoor en gehelp word.

Ons lei, ondersteun en onderrig leerders in klein groepe om eendag as toegeruste volwassenes hul plek in die samelewing vol te staan en ‘n positiewe bydrae te lewer.

Dit is vir ons belangrik dat leerders gelukkig en geliefd moet voel in die omgewing waar hulle elke dag leer en eendag in hul skeppingsdoel sal in beweeg en word wie hul bestem is om te wees.

Hier bied ons gehalte onderrig.

Ons Visie

By Diligenter Akademie Lyttelton streef ons daarna om ’n veilige, liefdevolle en Christengebaseerde leeromgewing te skep waar elke leerder die moed het om braaf te wees en sy of haar unieke potensiaal te ontwikkel.
Soos die bloukraanvoël wat met grasie opstyg, wil ons elke kind toerus om met selfvertroue, wysheid en karakter te groei en hul Godgegewe roeping vol te staan.

Ons Missie

Diligenter Akademie Lyttelton is ’n klein, Christengebaseerde skool wat verbind is daartoe om elke leerder holisties te ontwikkel deur:

  • persoonlike aandag en individuele ondersteuning
  • klein klasse en kwaliteit akademiese onderrig
  • die ontwikkeling van sterk Christelike waardes
  • die bou van moed, selfvertroue en deursettingsvermoë

Ons skep ’n veilige ruimte waar elke kind geliefd, verstaan en aangemoedig word om ywerig te werk, dapper te leef en hul plek in die wêreld met geloof en integriteit in te neem.

Ons waardes

Geloof

Diensbaarheid

Respek

Integriteit

Kerninligting van ons skool

Skoolure

Grondslagfase:
Maandag tot Donderdag: 07:30 – 13:00
Vrydag: 07:30 – 12:30

Graad 4 -7:
Maandag tot Donderdag: 07:30 – 13:30
Vrydag: 07:30 – 13:00

Taal van onderrig

Afrikaans

Graad

1-7

Klasgrootte

Maksimum 12 leerders

Ons bied gehalte Afrikaanse onderrig in klein klasse, met toegewyde onderwysers en ’n sterk fokus op elke leerder se groei.

'n Skool wat nog meer aanbied

Akademie

Sport/Kultuur

Hoogtepunte